Plakkery styg 1000% sedert 1994

2010-11-25 09:20
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kaapstad – Plakkerskampe het sedert 1994 met meer as 1000% toegeneem, grootliks omdat die howe in grondbesetters se guns beslis, het Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, Woensdag in die parlement gesê.

Daar is nou sowat 2700 plakkerskampe landwyd. Terselfdertyd word al hoe meer geboue in stedelike sakekerns beset.

Sexwale het spesifiek verwys na die “plundering van voorkeurgrond” waarop “plakkershutte, krotbuurte en ghetto’s” verrys. Die regering word dan gedwing om ten duurste basiese dienste te lewer waarvoor nooit beplan is nie.

Hy het aan die portefeuljekomitee oor huisvesting gesê die “gety van mense wat na stede stroom en grond gryp”, gaan moeilik gestuit word, omdat die howe die afgelope jare ’n “presedentereg” geskep het waar “uitspraak ná uitspraak” die besetters bevoordeel.

Hy het ’n ernstige beroep op howe gedoen om te besin en ook die parlement versoek om ondersoek daarna in te stel.

“Die vreesaanjaendste voorbeeld is die Johannesburgse metroraad wat huurgeld moet betaal aan die eienaars van geboue wat deur mense in die stad beset is.

“Hulle stroom na die stede, hulle plak 48 uur lank en dan moet ons dienste voorsien of ons nou wil of nie. En hulle hou aan om dit te doen, want daar is kragtige hofbevele in hul guns.”

Volgens Sexwale is wetgewing oor uitsettings en die besetting van grond bedoel om armes, wat geslagte lank op grond woon, teen uitsetting te beskerm. “Dis nie veronderstel om sindikate en mense wat op jou werf plak, te beskerm nie.”

Hy het Nathi Mthethwa, minister van polisie, en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, geprys vir hul spoedige optrede teen besetters in die Johannesburgse middestad waar 80 geboue onlangs “bevry” is. Een só ’n gebou in Endstraat word nou opgeknap en sal teen Junie verblyf aan sowat 900 gesinne kan bied.

Dit het voorts aan die lig gekom reuse-huisvestingprojekte word vertraag weens ’n gebrek aan infrastruktuur soos damme, rioolsuiweringsaanlegte, stormwaterstelsels, kraglyne vir elektrisiteitsvoorsiening en pypleidings vir watervoorsiening.

Die infrastruktuur word egter nie deur die departement van huisvesting opgerig nie en vereis ’n geïntegreerde aanslag van ’n groep staatsdepartemente.

Volgens Sexwale moet huisvestingsprojekte op dieselfde wyse as infrastruktuur-ontwikkeling vir die afgelope Wêreldbeker-sokkertoernooi bestuur word.

“Daar was geen probleem om paaie, water, krag en sanitasie aan die stadions te voorsien nie, want al die beplanning het om een tafel gebeur.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: plakkerskampe  |  behuising

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

K2 SAP FICO Consultant

South Africa. Durban
Hire Resolve
R250000 - R350000

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.