Plakkers beset plaas omdat 'Malema so sê'

2011-06-30 09:15
Tweets Share Share line Print

Masiteng Petrus Sekonyela en sy vrou het Maandagaand ’n plaas buite Qwaqwa beset. Hulle sê die grond behoort wettig aan hulle.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

QwaQwa – ’n Man en vrou van Phuthaditjhaba het Maandagaand ’n plaas tussen dié dorp en Harrismith beset “omdat Malema gesê het hulle moet”.

’n Draadspanner op die plaas wat op hulle afgekom het waar hulle hul 25 beeste op die plaas ingejaag, ’n woonwa staangemaak en ’n sinkhuis opgeslaan het, sê die besetters was baie aggressief toe hy hulle vra wat hulle doen.

“Daar was so tien mense. Hulle was kwaad en het baie lelik gepraat. Die een man het met ’n graaf rondgehardloop en gesê hulle vat nou die grond van die boer, want Malema het gesê hulle moet die grond terugvat.”

Dit kom sowat ’n week ná Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCJL), se uitsprake dat kolonialiste grond in die land gesteel het en dat dit gevat moet word.

Intussen het dit egter aan die lig gekom die grond het 11 jaar gelede aan een van die besetters behoort, maar dit is ses jaar gelede op ’n Landbank-veiling verkoop omdat die Landbank-lening nie betaal is nie.

Petrus Weyers van Harrismith, die eienaar van die plaas, en ’n polisiebeampte het Dinsdag op Masiteng Petrus Sekonyela en Masefefo Julia Khoete op die plaas afgekom waar hulle in hul blou woonwa en sinkhuis ingetrek het. Pakkamers op die plaas se slotte is ook oopgebreek.

Weyers sê hy het hulle gevra om die plaas te verlaat.

“Ek het hulle mooi gevra en gesê ek sal geen saak maak as hulle dadelik weer gaan nie. Sekonyela was egter baie agressief en het met ’n graaf in sy hand op my geskreeu en gesê ek moet padgee.”

Weyers sê hy het toe klagte van betreding en opsetlike saakbeskadiging by die polisie ingedien.

Sekonyela sê sy vrou is die wettige eienaar. Die plaas het aan haar vorige man behoort en ná sy dood is die grond aan haar oorgedra.

“Die grond behoort steeds aan ons. Ons het die papiere.”

Die transportakte wat Sekonyela het, waarvolgens die grond aan Khoete oorgedra is, is in 2000 opgestel. In 2005 het Anton Valks egter die plaas op ’n Landbank-veiling gekoop.

Valks sê: “Die grond is op die veiling verkoop omdat hulle (Sekonyela en Khoete) nie die lening wat aan Landbank verskuldig was, kon betaal nie.”

Sekonyela sê hy weet nie van die veiling nie en sê Valks het die grond gesteel.

Valks sê hy het in die tyd wat hy die grond besit het baie las van Sekonyela gehad.

“Ek het aanvanklik nie ’n probleem gehad dat hulle op die plaas aanbly nie. Hulle het egter vir my baie moeilikheid gemaak en ook nie die huur vir hul vee betaal nie. Ek moes later ’n hofbevel kry om hom van die plaas af te kry.”

Valks het dokumente wat van sy stryd getuig.

Toe Weyers in 2007 die plaas koop, was alles uitgeklaar. Die skielike besetting is vir hom ’n groot en onaangename verrassing.

Sekonyela sê egter dit is Weyers se eie skuld. “Hy het gesteelde grond gekoop en hy het dit geweet. Hy moet nou maar bietjie wag. Dié saak gaan hof toe.”

Weyers het Woensdag gesê hy wag vir die polisie om op te tree.

Die polisie wou nie Woensdag uitwei oor wat gedoen gaan word nie. Die enigste antwoord was dat die klagte ondersoek word.

Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, sê ANCJL- uitlatings verwar mense.

“Onverskillige uitsprake soos dat die beginsel van ’n gewillige koper en gewillige verkoper grondhervorming vertraag, maak mense deurmekaar. Dan gebeur sulke goed. As eiendomsreg nie verdedig word soos dit in die Grondwet geskryf staan nie, is dit te laat vir baie Suid-Afrikaners. Ons buitelandse beleggings neem af hieroor.”

Steytler het gesê VL sal hierdie geval op Qwaqwa fyn dophou.



Die blou woonwa en sinkhuis wat Masiteng Petrus Sekonyela en sy vrou op ’n plaas in die Qwaqwa-omgewing staangemaak het, omdat die grond “aan hulle behoort”.



Een van Masiteng Petrus Sekonyela en sy vrou se beeste wei op die plaas wat hulle in die Qwaqwa-omgewing beset het. In die agtergrond is die blou woonwa waarin hulle bly. (Foto's: Willem van der Berg)

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
78 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: °C Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.