Plakkaat móés skok!

2012-01-29 07:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die DA-jeug se omstrede plakkaat-veldtog is daarop gemik om Suid-Afrikaners te skok en Helen Zille, partyleier, ondersteun dit.

“Enige jeugorganisasie toets die grense. Ek het dit ook gedoen toe ek destyds in ’n jeugstruktuur was en ek gaan nie vir hulle (die DA-jeug) voorskryf nie,” het Zille gister aan Rapport gesê.

Dit is die eerste keer dat Zille haar uitgespreek het oor die DA-studenteorganisasie (Daso) se kampusveldtog wat die afgelope week fel kritiek én positiewe reaksie van alle rasse ontlok het. Die plakkaat waarop ’n paartjie van gemengde ras verskyn met die boodskap “In ons toekoms sal jy nie twee keer kyk nie”, is op kampusse om lede vir Daso te werf.

“Dis ’n skok-veldtog om mense aan die praat te kry en te laat dink oor hoe ons ’n nie-rassige toekoms kan skep,” het Makashule Gana, DA-jeugleier, gesê. Wat hom betref, is die veldtog ’n groot sukses, ongeag die negatiewe kommentaar wat dit ontlok het.

“Ras is steeds ’n brandende kwessie. As dit nie was nie, sou ons nie die ongelooflike reaksie gekry het nie.”

Gana het gewaarsku daar is nóg een op pad en dat nie eens die DA se nasionale leierstruktuur weet wat is volgende nie. “Ons kan doen wat ons wil solank ons binne die DA se waardes, beginsels en visie bly.”

Sommige DA-ondersteuners het aanstoot geneem oor die foto waarin ’n jong wit man en ’n swart vrou met kaal bo-lywe in ’n intieme omhelsing is.

’n Middeljarige Afrikaanse egpaar het die afgelope week op die sosiale netwerk Facebook gesê hulle is klaar met die DA. “Julle poster gaan die DA baie stemme laat verloor... daar gaan myne en my gesin s’n... ses uit een gesin alleen!”

’n Ander Engelssprekende vrou het op die DA-jeug se Facebook-blad gesê as sy kinders gehad het, sou sy hulle afgeraai het om met ’n swart mens te trou “omdat dit belangrik is om met mense van dieselfde ras, geloof en klas” te trou.

Een verklaring vir konserwatiewe wit DA-kiesers se ontsteltenis is dat dié mense nie noodwendig vir die DA stem omdat dit ’n liberale party met ’n nie-rassige ideologie is nie, maar eerder omdat dit goed regeer, die grootste opposisieparty in die land is en die enigste wat die ANC by die stembus kan troef.

“Dis sulke mense wat nie omgee dat die DA ’n swart parlementêre leier (Lindiwe Mazibuko) het nie, solank sy (Mazibuko) net nie met hul seun uitgaan nie,” het die politieke kommentator Max du Preez by navraag gesê.

Zille het in reaksie op konserwatiewe kiesers se uitsprake oor die Daso-plakkaat volgehou: “Daar is geen ander toekoms vir Suid-Afrika as ’n nie-rassige toekoms nie”.

“Die DA glo in ’n oop-geleentheidsamelewing vir almal. Ons glo in diversiteit, dienslewering, versoening en regstelling. Almal wat daarin glo, is welkom in die DA.”

Sy meng nie in in die DA-jeug nie.

“Dit is hul veldtog en as hulle binne die raamwerk van DA-beleid bly, kan hulle voortgaan. Hulle is nie Julius Malemas nie en ek is nie ’n outokraat nie.”

Die Daso-veldtog het ook die Britse Daily Mail gehaal waarin geskryf is die bohaai wys sensitiewe kwessies wat in die apartheidsera die nuus gedomineer het, “het nog nie van die nasie se onderbewuste verdwyn nie”.

Só gons dit op Twitter en Facebook

*  “Daso het dit dié keer te ver gevat. Dis walglik.”

* “Wel, hulle het daarin geslaag om groot publisiteit te kry.”

* “Die plakkaat gaan nog meer aandag trek in die volgende verkiesing. Maar dan gaan die opposisie dit teen julle gebruik.”

* “Hou die DA liberaal. Dis ons konserwatiewe vriende wat belaglike verskonings het om dit te haat.”

* “Kenny Kunene eet nou soesji van die DA-plakkaat af.”

* “Ek kan nie verstaan hoekom die DA hul naam in ’n Durex-advertensie het nie.”

* “Enigiemand wat ’n probleem met die plakkaat het, moet weet dis duidelik hulle is rassisties.”

* “Ek het nie kinders nie, maar ek sal hulle aanraai om nie met ’n swart mens te trou nie – nie oor ras nie, maar omdat dit belangrik is om met mense van dieselfde klas, geloof en taal te trou. Dié plakkaat moet onttrek word.”

* “Diegene wat hieroor kla, sê eintlik gemengde paartjies gee hulle aanstoot.”

* “In ons toekoms wil ons voorspoed, gelyke geleenthede, rykdom en ware mag hê.”

* “Gaan Zille iets oor die plakkaat twiet?”

* “Al wat Daso gedoen het, is om die DA se posisie onder swart mense te verswak, asook onder wit Suid-Afrikaners.”

* “Ek weet nie waaroor al die bohaai gaan nie.”

* “Die oproer oor die plakkaat wys net hoe agter die tyd ons land nog is.”

* “As dit ’n swart man met ’n wit vrou was, sou die wit manlike rassiste te kere gegaan het.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.