Plaaswerkers maak amok in Wes-Kaap
2012-11-13 17:55
Fotogalery - Staking kring uit
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Johannesburg – Die Wes-Kaapse polisie hanteer tans stakings en onluste in 14 afsonderlike gebiede in die provinsie, het 'n woordvoerder Dinsdagmiddag gesê.
"Die Wes-Kaapse polisie hanteer tans verskeie situasies met onluste wat verband hou met plaaswerkers se loongeskil, en 14 gebiede word daardeur geraak," het lt.kol. Andre Traut in 'n e-pos gesê.
"Die fokus is egter op De Doorns, Ceres, Robertson, Prince Alfred Hamlet en Somerset-Wes."
Traut het die publiek gewaarsku om uiters versigtig te wees in landelike gebiede, en om gebiede waar daar tekens van onluste is, te vermy.
Die polisie sal in al dié gebiede bly en "die nodige aksie neem teen enige geweld of onluste".
'n Polisiebeampte is Dinsdag beseer toe 'n stakende plaaswerker 'n klip na hom geslinger het.
Die beampte het 'n kopbesering opgedoen en is in 'n hospitaal opgeneem, het Traut gesê.
Hy is in 'n stabiele toestand.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA