Plaaswerker sterf, vee vrek in Colesberg-brande

2011-11-10 08:05
Tweets Share Share line Print

Colesberg – Minstens een mens is dood en honderde stuks vee het omgekom in ’n vlammehel wat gister nog hier gewoed het.

Tussen 60 000 ha en 70 000 ha weiding is ook vernietig in moontlik die grootste veldbrand wat die Colesberg-distrik tot nog toe beleef het. Die brand het Dinsdagoggend begin.

Boere het gesê die grootste verlies is die dood van Isak Hugo (23), ’n werker van die plaas Kaya Lami. Lulu Mxekezo, woordvoerder van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, het gesê hy het brandwonde oor 90% van sy lyf opgedoen.

Volgens Anthony Murray, voorsitter van die brandkomitee van die Colesberg-boere­unie, moet die boere nog vasstel presies hoeveel van hul vee in die brande gevrek het. “Groot verliese word verwag.”

Murray van die plaas Slingersfontein het gesê sowat 30 van sy skape het doodgebrand. Tientalle van sy ander skape het ook sleg gebrand en kan moontlik binne enkele dae ook vrek. Nagenoeg 3 500 ha van sy plaas is vernietig.

Die brand het aan die oostekant van Colesberg begin. Clem Olivier, voorsitter van die boere-unie, het gesê ’n trein het vermoedelik ’n vonk laat opspring wat die veld aan die brand gesteek het. Die vlamme is aangeblaas deur winde wat Dinsdag tot 43 km/h en Woensdag tot 32 km/h gewaai het.

Mader Osler berig ’n span brandbestryders is Woensdag uit die Oos-Kaap daarheen gestuur. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.