Plaaswerker sterf ná motor, taxi hom tref
2010-03-27 18:01
Johannesburg - 'n 82-jarige man is dood ná 'n taxi hom getref en 'n motor bo-oor hom gery het, het beamptes in die Noordwes gesê.
Die ongeluk het Vrydag naby Boschfontein naby Rustenburg plaasgevind.
"Die man wat vermoedelik 'n plaaswerker is, het 'n pad oorgesteek op pad huis toe, toe 'n taxi hom tref. Die getraumatiseerde taxibestuurder beweer hy kon nie die man sien nie, omdat die man donker klere aangehad het," het Lesiba Kgwele, 'n woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, gesê.
Hy het gesê die man is deur die lug geslinger waarna 'n motor bo-oor hom gery het.
– Sapa