Plaaswerker sterf ná boom op hom val
2011-08-10 16:24
Durban – 'n Plaaswerker is dood in New Hanover, KwaZulu-Natal, nadat 'n boom hom Woensdag teen sy kop getref het, het paramedici gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê twee plaaswerkers was besig om 'n boom af te kap toe die boom in die teenoorgestelde rigting geval en middeldeur gebreek het.
"Albei mans het beskermende drag aangehad, maar dit het nie gehelp nie."
Met paramedici se aankoms op die toneel, was die man reeds dood, het Banks gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA