Plaaswerker sterf in fratsongeluk
2009-10-15 16:31
Johannesburg- 'n Bejaarde plaaswerker is dood nadat hy onder 'n trekker vasgepen was langs 'n plaaspad in Illovo.
Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het die man op 'n trekker gery toe hy beheer daaroor verloor en teen ? sloot afgerol het.
Die trekker het bo-op die man te lande gekom. Ooggetuies het die man te hulp gesnel en hom onder die trekker uitgehaal.
“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die beseerde bygestaan. Hy het egter later aan sy beserings beswyk,” het Botha gesê.
Die saak word deur die polisie ondersoek.
–Netcare911