Plaaswerker kon nie Attie waarsku, hoor hof

2011-06-02 18:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – 'n Plaaswerker was te ver van die boer Attie Potgieter om hom te waarsku oor die aanval op sy gesin, het die Hooggeregshof in Bloemfontein Donderdag gehoor.

Potgieter, sy vrou en tweejarige dogter is op 1 Desember op hul plaas naby Lindley aangerand en vermoor.

Stemmer Mofokeng, 'n plaaswerker op Potgieter se plaas, Tweefontein, en vyf ander mans staan tereg op drie aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede en aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

In sy verdediging het Mofokeng Donderdag getuig dat hy die dag van die moorde in die tuin gewerk het.

Hy het die honde by 'n mede-plaaswerker se huis hoor blaf en ondersoek gaan instel.

Mofokeng het drie mans, waarvan een 'n vuurwapen en panga gehad het, na die plaashuis sien loop.

Terwyl hy na die skuur gehardloop het om die ander plaaswerkers – sy medebeskuldigdes Klaas Mofokeng en Paulus Khumalo – van die mans te vertel, het hy Attie Potgieter sien aankom.

"Jy het nie Attie van die mense op die plaas gewaarsku nie?" het adv. Lawrence Tshabalala, Klaas Mofokeng, se regsverteenwoordiger gevra.

"Ons was op verskillende plekke, en het in verskillende rigtings gegaan," het Stemmer Mofokeng  geantwoord. Hy het ook gesê indien hy Attie sou waarsku, sou hy na die gewapende mans hardloop.

Hy het aan die hof gesê hy het gesien hoe sy medebeskuldigde Tshekolo Lelala, wat 'n panga gehad het, Potgieter in die rigting van die skuur jaag.

Hy het gesien dat Potgieter te sterk was vir Lelala en gesien hoe Potgieter hom (Lelala) grond toe slaan.

Nóg 'n medebeskuldigde, Telleko Seekoei, het toe aangekom en Potgieter in die rug gesteek met 'n voorwerp wat lyk soos 'n mes.

Adv. Chris Gerber wat namens Stemmer Mofokeng optree, het gesê een van sy medebeskuldigdes beweer hulle het hom uit die plaashuis sien kom met 'n rewolwer.

"Dit is 'n leuen," het Stemmer Mofokeng getuig.

Die saak duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: plaasmoorde  |  moorde  |  misdaad  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.