Plaaswerker glo deur masjinerie vergruis
2010-07-16 04:10
Gauteng – ‘n Plaaswerker is Donderdag dood nadat hy glo in masjinerie op ‘n plot naby Carletonville vasgevang is, sê polisie.
“Ooggetuies sê die man het saam met ‘n groep mans op die plot gewerk. Een van sy medewerkers het skielik aangehardloop gekom terwyl hy geskreeu het,” het adjudant-offisier Solomon Sibiya gesê.
Die man was glo reeds dood toe polisie op die toneel opgedaag het.
“Dit het gelyk of sy liggaam deur ‘n baie swaar toestel vergruis is,” het Sibiya gesê.
Verdere inligting is nog nie bekendgemaak nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA