Plaasmoordenaars 'was professioneel'

2009-12-08 08:56
Tweets Share Share line Print

Malani Venter

Stellenbosch - Alles dui daarop dat die moordenaars van Pieter Malan Cillie (51) van Ceres presies geweet het wat hulle doen.

Só het ’n familielid gister aan Die Burger gesê oor Cillie, wat Vrydagnag in sy plaashuis doodgeskiet is.

Dié vrugteboer van die plaas Lorraine, sowat ’n kilometer buite Ceres, is drie keer geskiet toe ’n onbekende aantal mans die kombuisdeur oopgeskop en Cillie in sy huis oorval het.

Hy is noodlottig in die bolyf en buik gewond.

Vyf kinders, van wie twee die slagoffer s’n, was ten tyde van die voorval in die huis. Cillie en sy dogter (14) was besig om godsdiens te hou toe hy ’n geraas in die kombuis gehoor het, het die familielid, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Die skietery het glo voor al vyf kinders – almal tussen 11 en 14 jaar oud – plaasgevind. Hulle is ongedeerd gelaat en ontvang tans berading.

“Hierdie was professionele mense. Alles dui daarop. Ons kan net nie verstaan dat hulle niks gevat het nie. Hulle kon die plek leeg gedra het. Ons kan dit nie glo nie,” het die bedroefde familielid bygevoeg.

Op ’n vraag oor gerugte dat die voorval moontlik ’n huurmoord was omdat Cillie glo ’n verregse groep sou wou ontmasker, het hy geantwoord: “Dit is onsin en net sensasie. Hierdie was ’n plaasmoord.”

Cillie se broer, Rossouw Cillie, het sy broer gister beskryf as iemand wat vir minderbevoorregte mense gelewe het.

“Hy het geen haat teenoor ander mense gehad nie. Hy was ’n man wat eerder gegee as ontvang het,” het hy gesê.

Die gemeenskap het reeds ’n groot bedrag ingesamel as beloning vir die inhegtenisneming van die verdagtes. Hulle is steeds op vrye voet.

Die begrafnis vind môre om 10:00 uit die NG Moedergemeente in Ceres plaas.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: moorde  |  plaasmoorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

K3/K4 SAP FI Consultant

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R500000 - R650000

K2 SAP FICO Consultant

South Africa. Durban
Hire Resolve
R250000 - R350000

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.