Plaasmoordenaar sit lewenslank
2009-07-23 08:33
Pietermaritzburg- Sibonelo Thandazonke Duma (22), 'n plaaswerker wat ‘n gewapende bende gewerf en ‘n aanval op sy voormalige werkgewer gelei het, gaan die res van sy lewe in die tronk sit.
Duma het skuldig gepleit op aanklagtes poging tot diefstal en op die moord van sy voormalige werkgewer, Alan Rowe, ‘n boer in die KwaZulu Natalse Middellande.
"Een van die mans het ‘n millitere wapen byderhand gehad, Rowe het nie ‘n kans gestaan om die aanval te oorleef nie” het Regter Ron McLaren gesê.
Duma en sy ses-ledige bende het Rowe op 13 Mei vanjaar by sy plaas in Rietvlei ingewag. Op sy aankoms het een van die lede sy aandag opsetlik afgetrek en ‘n ander het menigte skote na hom gevuur.
"Self al was Duma nie gewapen nie, het hy ‘n sentrale rol gespeel om sy werkgewer se lewe te neem”, het McLaren gesê.
Drie ander lede van die bende is in hegtenis geneem in verband met die moord en sal in die nabye toekoms in die Greyton magistraatshof verskyn.
- Sapa