Plaasmoorde is nie rassisties, sê minister

2010-04-23 07:03
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp, Die Burger

Kaapstad - Plaasaanvalle en plaasmoorde is nié polities gemotiveerd of rassisties van aard nie, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.

Mthethwa het in die parlement uitgevaar teen internasionale mediagroepe wat ná die moord op die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, berig het Suid-Afrika is op die rand van ’n rasse-oorlog.

“Sommige voorvalle word regtig opgeblaas en oordryf. Dis ’n mite dat daar ’n rasse-oorlog dreig. Niks kan verder van die waarheid wees nie.”

Mthethwa het só gereageer nadat ’n Finse joernalis hom gevra het hoeveel boere en plaaswerkers sedert 1994 vermoor is.

Net soos die dag ná die moord op Terre’Blanche, het die minister volgehou die polisie gaan hom nie laat insleep by politiekery en onverantwoordelike uitsprake nie. Hy het gewaarsku rolspelers moet ophou om plaasmoorde en -aanvalle in terme van ras te sien. Dit stook rasseverdeeldheid en maak boere en plaaswerkers net nog meer kwesbaar.

“Misdaad is misdaad. Dit het geen kleur of voorkeur nie. Die kwessies hou nie verband met ras of politiek nie. Dis bloot misdade teen Suid-Afrikaners en die regering moet alles doen om dit te verhoed – of dit deur ’n werker, werkgewer of vreemdeling gepleeg is, ons ondersoek dit.”

Mthethwa het ook gesê daar is geen bewyse wat die bewerings dat plaasaanvalle deesdae op ’n georganiseerde wyse deur “bendes” uitgevoer word, staaf nie.

Die ministerie het Donderdagmiddag met die vakbond Fawu, waartoe sowat 15 000 plaaswerkers behoort, oor sy landelike beveilingsplan vergader.

Volgens Katishi Masemola, hoofsekretaris, is daar sowat 450 000 permanente en 420 000 seisoenale plaaswerkers in die land. Minder as 10% van dié mense behoort tot vakbonde, deels omdat dit moeilik is om toegang tot plase te kry en om vergaderings in landelike gebiede te reël.

Die polisie, vakbonde en georganiseerde landbou gaan ’n landwye bewusmakingsveldtog voer om landelike inwoners vir die beveiligingsplan te mobiliseer.

Volgens Mthethwa sal dit die eerste keer wees dat alle rolspelers op so ’n groot skaal betrek word en gaan dit ’n reuse-verskil aan misdaadbestryding maak.

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.