Plaasmoord 'is regering se skuld'

2011-02-21 08:37
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - “Ek lê my man se dood voor die deur van die regering. Die parlementslede verryk hulself net in plaas daarvan om beter beheer oor onwettige immigrante in te stel, of om aan armoedeverligting en werkskepping te werk.”

Só het Zelda Costa (42), die vrou van die vermoorde plaasboer Alberto Costa (44), Sondag aan Die Burger gesê in ’n eksklusiewe onderhoud op die plaas Cloetesdal, net langs Khayamandi.

Costa is Vrydag omstreeks 03:00 voor die deur van sy woonhuis doodgeskiet toe hy ondersoek gaan instel het nadat hy iets verdags buite gehoor het.

“Ek koester geen wrok teen die persoon of persone wat my man doodgeskiet het nie. Hulle het nie vir Alberto Costa kom vermoor nie; hulle ken nie eens sy naam nie. Hulle was waarskynlik hier om kos op hul tafels te sit.

“Maar ek neem die regering kwalik,” het sy gesê, kort-kort aangedaan, maar ferm.

Sowat 12 vriende het Sondag ’n vergadering op die plaas gehou om die weduwee met die praktiese ­reëlings van die boerdery te help.

Rudi Buys, ’n medeboer en boesemvriend van die oorledene, het gesê: “As almal wat belowe het Maandag (vandag) hier opdaag om te help pars, dan pars die res van Stellenbosch nie.”

Tiaan Strauss, voormalige Springbok-rugbyspeler en een van die Costa-familie se huisvriende, het bevestig hulle het ’n beloning van R20 000 uitgereik vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaars.

Mev. Costa self het beklemtoon die beloning is nie omdat sy vergelding wil hê nie.

“Maar as hulle nie gevang word nie, sal nog iemand dalk dieselfde smart as ons moet beleef.”

Costa word ook oorleef deur sy twee kinders, Valerio (7) en Ava (2), sowel as sy twee broers, Giovanni (59) en Stefano (61).

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  plaasmoorde  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.