Plaasmoord is 'lae intensiteit oorlog'
2010-03-03 09:19
Kaapstad - Plaasmoorde neem nou epidemiese afmetings aan, met boere wat hulleself in ‘n lae intensiteit oorlog bevind eerder as net in enkele misdaadvoorvalle, sê die VF+.
Luidens ‘n verklaring sê adv. Anton Alberts, die party se ekonomiese parlementêre woordvoerder, heers daar skok in die party se geledere oor die twee plaasmoorde wat die afgelope naweek in Limpopo plaasgevind het.
Alberts meen die kombinasie van die terreur van plaasmoorde en verhoogde krag- en brandstofpryse is ‘n doodsteek vir die boerderybedryf, asook voedselsekuriteit, in die land.
“Indien mens boonop die abortiewe grondeiseproses daarby voeg, is dit duidelik dat boere in Suid-Afrika uiters dapper mense is deur steeds te probeer voortboer.”
– Lees meer op landbou.com.