Plaasmoord-beskuldigdes vrygespreek

2011-09-28 20:07
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Tien mense wat beskuldig is van ‘n plaasaanval in die Vrystaat in 2009 is Woensdag vrygespreek in die Ficksburg-streekhof.

“Die strafregtelike regstelsel het die klaers in hierdie saak gefaal,” het landdros Ollie Koekemoer in sy uitspraak, waarin hy swak werk deur die polisie gekritiseer het, gesê.

Die tien mense – agt mans en twee vroue – is vrygespreek op twee aanklagte van poging tot moord en drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Die polisie het gesê ‘n groep rowers het ‘n huishulp oorweldig en haar met ‘n geweer van haar selfoon beroof.

Hulle het toe by die plaashuis ingegaan, waar hulle ‘n gestremde vrou, Nellie Jansen van Rensburg (53), en haar 77-jarige ma gevind het.

Die vroue is met telefoonkabels vasgebind.

Volgens die polisie is die bejaarde vrou met ‘n geweer geslaan en het sy beserings aan haar bors en gesig opgedoen.

Jansen van Rensburg is met ‘n pistool in die gesig geslaan. Sy het kort ná die aanval gesterf.

Die rowers het vuurwapens en selfone gesteel voor hulle gevlug het.

In sy uitspraak het Koekemoer die polisie-ondersoek as “oppervlakkig, onakkuraat en traak-my-nie-agtig” beskryf.

Koekemoer het gesê dit sou ‘n maklike saak gewees het indien die bewyse ordentlik hanteer is. Hy het gesê die vuurwapens wat by die beskuldigdes afgeneem is, is nooit vir vingerafdruk-toetse gestuur nie.

Een van die vuurwapens, wat blykbaar aan die Jansen Van Rensburg-familie behoort het, is nie aan hulle gewys om dit óf te identifiseer óf by die polisie terug te eis nie.

“Dit is onduidelik watter pad hierdie vuurwapens gestap het,” het Koekemoer gesê.

Die hoeveelheid polisiebeamptes op die toneel in ag genome, het die ondersoek veel te wense oorgelaat, het Koekemoer gesê.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: vrystaat  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.