Plaaslike owerhede onder DA ‘vaar beter’

2010-09-29 08:47
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die DA het gister die wiele aan die rol gesit vir sy veldtog vir 2011 se plaaslike verkiesings.

Die party het op ’n nuuskonferensie ’n vergelyking getref tussen die vertonings van die Gautengse Nokeng-munisipaliteit (in die Cullinan-distrik naby Pretoria) toe dit eers onder DA-beheer en later onder ANC-bewind was.

Die DA het tussen 2001 en 2006 die munisipaliteit beheer, terwyl die ANC sedert 2006 aan die be- wind was. Die munisipaliteit is in Augustus verlede jaar onder administrasie geplaas.

“Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners al die feite op die tafel het oor hoe politieke partye in plaaslike regerings vaar,” het James Lorimer, DA-woordvoerder, gister gesê.

Volgens hom het die inwoners van Nokeng werklike dienslewering, ontwikkeling en gesonde plaaslike regeringspraktyke ervaar toe die DA daar aan die bewind was.

“In teenstelling daarmee is die munisipaliteit tans in ’n krisis en word die huidige ANC-regering gekenmerk deur besteding aan luukshede,” het hy gesê.

Die DA gaan in die maande tot voor volgende jaar se plaaslike verkiesings in Mei munisipaliteite landwyd besoek om soortgelyke voorbeelde te vind.

Lorimer het gesê hy hoop dié onthullings sal lei tot meer stem- me vir die DA in volgende jaar se verkiesings. “Kiesers blyk keelvol te wees,” het hy gesê.

Hy het toegegee dat die meer- derheid kiesers in die verlede vir die ANC gestem het, nie om- dat hulle glo die ANC sorg vir beter dienslewering nie, maar omdat dit ’n “identiteitstem” is.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.