'Plaasaanvalle moet nie met ras verbind word'
2010-10-16 05:10
Kaapstad - Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie sê die stryd teen plaasaanvalle kan slegs gewen word indien Suid-Afrikaners ophou om plaasaanvalle met ras te verbind.
Mbalula hou vol dat diegene wat betrap word dat hulle voortgaan met plaasaanvalle, behoort met die volle krag van die wet gestraf te word.
Hy sê die lewensomstandighede van plaaswerkers behoort ook verbeter te word sodat hulle 'n tasbare werksverhouding met hulle werkgewers kan hê. Dit sal hulle help om misdaad in boerdery-en landelike gebiede te bekamp.
Mbalula het boere op Lichtenburg in Noordwes oor landelike veiligheid van die regering toegespreek.
- Volg Nuus24 op Twitter.