Pitso wil sokker na wit skole bring

2010-09-02 10:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Pitso Mosimane, afrigter van Bafana Bafana, sal op sy gelukkigste wees as sy telefoon aanhoudend lui met oproepe van skoolhoofde wat sokker wil aanbied.

Mosimane het gister by die Hoërskool Randburg in die noordweste van Johannesburg gesê hy wil graag hê skole wat nie voorheen sokker aangebied het nie, moet nou dié sport ’n kans gee.

“Daar is nie baie sokker by wit skole nie. Ek sien dit as my taak om sokker daar bekend te stel. Ek wil hê my telefoon moet aanhou lui soos mense bel wat sokker by skole wil aanbied,” het hy gesê.

“Daar is kinders wat nie wil rugby speel of dalk nie van krieket hou nie. Hulle kan sokker speel.”

Bafana het by die skool geoefen vir sy stryd teen Niger, wat Saterdag in die Mbombela-sta­dion in Nelspruit plaasvind. Dit is die span se eerste kwalifiserende wedstryd vir 2012 se Afrikabeker-toernooi.

Opgewonde leerlinge van die hoërskool, waar Brasilië tydens WB 2010 geoefen het, het die Bafana-span met luide applous verwelkom.

Veral Siphiwe Tshabalala, Bafana se WB 2010-held, is toegejuig. Leerlinge het die spelers behoorlik bestorm om handtekeninge te kry.

Die skool bied nie sokker as sport aan nie, maar Mosimane het hulle aangemoedig om dit te speel.

“Ek weet julle het wedstryde tydens die Wêreldbeker gekyk, want julle ken jul gunstelinge.

“Sokker moet hier bly. Ek sal julle ’n afrigter gee. Ek wil die meisies ook ’n bal sien skop. Ek hoop ons kry spelers van hierdie skool wat vir Bafana kan uitdraf.”

Volgens Mosimane het onderwysers aan hom gesê meer as 80 leerlinge in die skool wil sokker speel. “Dis ongelooflik. Ek het gedink daar sal net drie of vier wees,” het hy gesê.

Ironita Peters (18) was uit haar vel omdat sy haar helde in lewende lywe gesien het.

“Ek voel sommer trots Suid-Afrikaans. Ek weet hulle gaan Saterdag wen, want hulle het so mooi tydens die Wêreldbeker gespeel,” het sy gesê.

Volg Beeld op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: skole  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Michiel sê... Verstaan nie jou punt nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2011
R 139,990.00

FORD

Fiesta 1.6 TDCi Trend 3-dr Dsl MY06
2006
R 109,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 229,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.