Pistorius eis R2,2 m. van vrou ná arres

2011-02-09 10:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die lemnaeler Oscar Pistorius eis R2,2 miljoen van ’n student omdat sy glo kwaadwillig ’n klag van aanranding teen hom ingedien het.

Pistorius sê in stukke in die hooggeregshof in Pretoria hy het skade van R2 218 988 gely weens Cassidy Taylor-Memmory se optrede.

Volgens hom is twee openbare geleenthede weens sy arrestasie en aanhouding afgestel.

Twee instellings het ook geweier om hul “handelsmerk- ambassadeur”-ooreenkomste met hom te hernu. Dít het hom ’n verlies aan inkomste besorg.

Taylor-Memmory, van Silver Lakes in die ooste van Pretoria, wou Dinsdag ’n aansoek by die hof indien dat Pistorius sekere dokumente aan haar beskikbaar laat stel voordat sy haar pleitstukke in die saak laat opstel. Die saak is toe by ooreenkoms tussen die partye onbepaald uitgestel.

Pistorius se regsverteenwoordigers moet vir dié aansoek van Taylor-Memmory teen 1 Maart hofstukke opstel.

Pistorius, ook van Silver Lakes, sê in sy eisbesonderhede Taylor-Memmory het op 12 September 2009 by die Boschkop- polisiekantoor kwaadwillig ’n vals klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer ingedien. Sy het aan die polisie gesê hy het haar dié dag by sy huis aangerand.

Volgens Pistorius het Taylor-Memmory beweer hy het die huis se houtdeur toegeslaan sodat dit gebreek en ’n stuk hout haar teen die been getref het.

Daarna het sy bykomende verklarings aan die polisie gedoen.

Sy het gesê hy het die deur met sy vuis geslaan sodat dit gebreek het.

Sy het later beweer hy het die deur met die oop hand geslaan sodat dit gebreek het.

Pistorius sê Taylor-Memmory het geweet die inligting aan die polisie is vals. Sy het geweet haar eie skoppery het die deur laat breek en dat ’n stuk hout haar toe teen die been getref het.

Weens haar klag is hy gearresteer en op 13 September 2009 vrygelaat.

Volgens Pistorius het hy weens die klag, arrestasie en aanhouding bedreig, vernederd, bang en kwesbaar gevoel. Hy is verkeerdelik van sy vryheid ontneem. Hy is nie vervolg nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.