Pikoli sal vervang word
2009-07-22 09:31
Johannesburg- Adv. Vusi Pikoli, afgedankte nasionale direkteur van openbare vervolging (DOV) se permanente opvolger sal aangestel word, ten spyte van ‘n hangende hofsaak wat sy afdanking teen te staan.
Pikoli het Dinsdag gesê hy het kennis van dié aanstelling van die presidensie ontvang.
Volgens Pikoli se prokureur, Aslam Moosajee, beplan hulle om die aanstelling teen te staan. "Ons sal argumenteer dat die besluit om Pikoli af te dank, nog teruggetrek kan word”, het hy gesê.
Pikoli beweer hy is deur oud-president Thabo Mbeki geskors om komm. Jackie Selebi te beskerm.
Na voormalige president Kgalema Motlanthe Pikoli verledejaar afgedank het, het hy (Pikoli) beweer dit was omdat die ANC opsoek is na 'n dirketeur wat meer ‘ontvanklike’ vir hule is.
Pikoli het in ‘n brief aan regter-president Bernard Ngoepe van die Gautengse hooggeregshof in Pretoria gevra vir ‘n hofdatum sodat hy sy oorspronklike skorsing teen kan staan.
Zuma se woordvoerder, Vincent Magwenya, wou geen kommentaar lewer nie.
- Sapa