Pikoli-saak in hof verwag
2009-08-03 15:49
Johannesburg – Die hooggeregshof in Pretoria kan Donderdag ‘n dringende aansoek van Vusi Pikoli, die afgedankte hoof van die nasionale vervolgingsgesag, verwag, het sy prokureur Maandag gesê.
Die dringende aansoek is om die aanstelling van sy opvolger te verhoed en Pikoli daag die besluit om hom af te dank ut.
Die besluit het gekom nadat daar verlede jaar ‘n ondersoek oor sy bevoegdheid in die pos gedoen is.
President Kgalema Motlanthe het in Februarie ‘n aanbeveling uitgereik waarin hy gesê het dat Pikoli afgedank moet word, aangesien hy nie genoeg belangstelling in veiligheidsake toon nie.
Motlanthe het gesê dat dit gebaseer was op die bevindinge van die ondersoek wat deur Frene Ginwala gelei is.
Maar Pikoli verwerp dit en het gesê dat sy nie sulke bevindinge gemaak het nie en dat Motlanthe die verslag gemanipuleer het.
- Sapa