Phosa tree in bres vir Malema

2012-01-15 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Julius Malema het aan die vooraand van ’n week waarin sy politieke loopbaan beëindig kan word ’n belangrike bondgenoot gevind.

Mathews Phosa, tesourier-generaal van die ANC, het Saterdagmiddag by die eeufeesvieringe van die ANC in Limpopo by die Matlelerekeng-sportterrein in die Sekhukhune-distrik, vir Malema en die provinsie se premier opgekom.

Phosa het aangevoer die nasionale regering het Cassel Mathale se “mag gesteel” deur onlangs vyf provinsiale departemente onder administrasie te plaas.

Mathale en Malema is bondgenote in die stryd om pres. Jacob Zuma by die ANC se leiersverkiesing in Desember in Mangaung te ontsetel.

Duisende mense het Malema, Phosa en Ma­thale in die bloedige hitte luidkeels toegejuig.

Phosa het tydens sy spreekbeurt gesê “dit is waar dat ons nie die rol van die jeug in die struggle kan wegwens nie”.

“Dit is ook net die takke van die ANC wat in Desember kan besluit wie die nuwe leierskorps van die ANC word en nié mense in raadsale nie,” het Phosa bygevoeg.

“Ons as nasionale leiers moet ook nie bang wees vir idees waarmee ons nie saamstem nie. Ons moenie diegene wat van ons verskil se monde snoer nie.”

Hy het voor die skare aan Malema gesê hy weet “Juju is baie bekommerd” oor wat die appèlkomitee binne die volgende dae gaan besluit oor sy skorsing van vyf jaar uit die ANC.

“Maar ek wil hom verseker die ANC het nie asblikke waarin kamerade weggegooi word nie. As kamerade foute maak, vind ons meganismes om dit reg te stel. Ons doen dit ook net ás hulle foute begaan het.”

Aan Mathale het Phosa gesê die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) aanvaar sy onlangse herverkiesing as ANC-voorsitter in Limpopo.

Malema het gesê: “Die ANC in Limpopo is nie bang vir die jeug nie.”

Dit was ’n indirekte verwysing na die eeufeesvieringe van die ANC in Bloemfontein verlede Sondag waar Malema nie ’n spreekbeurt gegun is nie.

“Leiers van die ANC moenie bang wees vir hul jeug nie. As jy die jeugliga vernietig, vernietig jy die ANC,” het Malema gesê.

Rapport se susterkoerant, City Press, berig ­Malema het die afgelope week onder skoot gekom vanuit eie geledere omdat hy “vlerksleep” by oudpres. Thabo Mbeki.

Volgens bronne in die jeugliga se NUK het Malema nie die res van die leierskorps se steun gehad om ’n vergadering met Mbeki aan te vra nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: mathews phosa  |  julius malema  |  anc  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.