Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Phiyega se aanstelling bevraagteken

2012-07-23 22:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vrae het aan die lig gekom oor die aanstelling van die nuwe nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, het die DA Maandag gesê.

Ten spyte daarvan dat pres. [Jacob] Zuma haar lof besing het toe hy haar aanstelling aangekondig het, het daar nou verskeie vrae aan die lig gekom rakende haar indiensneming-geskiedenis en verskeie sakebelange,” het Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, in ‘n verklaring gesê.

“Genl. Phiyega het op twee geleenthede nie botsende belange waarvan ons bewus is – XON en nou Lefatshe – verklaar nie.

Volgens ‘n verslag wat Maandag uitgereik is, het Phiyega uit haar pos as direkteur van Lefatshe Technologies bedank en ‘n paar dae later het sy ‘n ondersoek oor korrupsie en bedrog in die maatskappy gelei.

Phiyaga was ‘n paar dae voordat die ondersoeke begin het glo steeds gelys as ‘n direkteur van die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (Cipc).

Kohler-Barnard sê dit is duidelik botsende belange wat nie bekendgemaak is in haar curriculum vitae nie. Haar CV is aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie ingehandig.

Phiyega het glo ook onder skoot gekom nadat dit aan die lig gekom het dat sy bande het met ‘n maatskappy wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van inligtingstegnologie-toerusting voorsien het.

Sy was ‘n direkteur en aandeelhouer in Kapela Capital wat ‘n 40% aandeel in XON het. Dié maatskappy het glo inligtingstegnologie-kontrakte met die SAPD.

“Haar verskoning in die geval van XON was dat sy nie meer in die pos was toe dit ‘n botsende belang geword het nie. Sy gebruik hierdie keer die verskoning dat sy ‘n ‘nie-uitvoerende lid’ is en nooit enige aandeelhouding gehad het nie,” het Kohler-Barnard gesê.

“Al hierdie inligting is gerieflik uit die CV gelaat wat by die portefeuljekomitee ingedien is... Ons moet nou bevraagteken of die parlement met opset mislei is in die aanstellingsproses.”

Kohler-Barnard sê sy sal aan Zuma skryf en hom inlig van die botsende belange en vra vir ‘n verduideliking oor hoe daar op haar aanstelling besluit is.

Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, het Maandag gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die kwessie nie.

Hy sê die presidensie sal wag vir ‘n brief van die DA voordat hy enige kommentaar lewer.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: riah phiyega  |  polisie
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

L'hu Van sê... @phillip: teen die domheid, stry selfs die gode verniet. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Florida Park - 09:12 AM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working between Florida Park and Bergbron
  • Friday Pretoria - 09:10 AM
    Road name: R21 Northbound
    DELAYS between Monument Park and Fountains Circle
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.