Phillips wóú sy vrou vermoor

2009-08-27 16:18
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ‘n Man van Pretoria het beplan om sy vrou te vermoor en haar doelbewus met ‘n mes doodgesteek, het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag gesê.

Regter André Louw het vir Larry Burt Phillips (50) skuldig bevind op die moord van sy vrou Henriëtte (48).

Phillips het sy vrou in November verlede jaar naby die egpaar se woonstelblok in Lynnwood in Pretoria met ‘n mes in die rug gesteek.

Phillips is ook skuldig gevind op aanklagtes van die aanranding van sy vrou voor haar moord, die ontvoering van die egpaar se seun en vir die aanranding van ‘n buurman, Pieter Korb.

Die hof het Phillips se argument dat hy sonder 'n wapen by sy vrou se woonstel ingebreek het en dat sy vrou twee messe vanuit die kombuis geneem het om hom eerste aan te val, verwerp.

Vroeër het Phillips se dogter, Leigh, en sy seun, Howard, getuig dat hy gedreig het om die hele gesin uit te moor, voor hy sy vrou doodgemaak het.

Leigh het ook getuig dat haar ma die aand van die moord nooit na die kombuis toe is nie, maar direk na haar kamer gegaan het, waar Phillips haar ingewag het.

Die hof het beslis dat Phillips die mes reeds by hom gehad het terwyl hy vir omtrent 'n halfuur lank gesit en wag het met die doel om haar te vermoor.

Die rusie tussen die egpaar het gegaan oor 'n beskermingsbevel wat Henriëtte vroeër teen haar man gekry het. Hy wou glo hê sy moes dit terugtrek sodat hy 'n werksontrak kon losslaan.

- Sapa
 

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.