Petroltekort by OR Tambo
2009-08-04 08:49
Johannesburg – Die OR Tambo Internasionale Lughawe het slegs twee dae se petrol voorraad oor en die lugrederye is gevra om hul petrol inname te verminder, het Business Day Dinsdag berig.
Die rede hiervoor is omdat Transnet stadig is met die aflewerings, asook die tydelike sluit van die Natref pyplyn oor die naweek.
“Ons het planne in plek om te verseker dat ons nie sonder petrol sit nie,” het Chris Zweigenthal, die adjunk-hoofbeampte van die vereniging van Suider-Afrikaanse lugdienste (AASA) aan die koerant gesê.
Die internasionale standaard is ongeveer vyf en ‘n half dae se voorraad., het hy bygevoeg.
Dit is nie die eerste keer wat die lughawe petrol tekorte het nie, het Dave Scagell, bedryfsbestuurder van Chevron Global Aviation gesê.
“Die hoof ding is om te verseker dat ons stappe neem wat sal voorkom dat die lughawe sonder petrol sit. Dit is hoekom ons die lugrederye gevra het om hul inname, waar moontlik, te verminder.
Die verslag het gesê dat die lugrederye gevra is om hul petrol inname met 30% te verminder en op ander plekke weer vol te maak.
- Sapa