Petrolstaking verby
2011-07-28 14:23
Kaapstad – Die petrolstaking wat die meeste van die land tot stilstand geruk het, is verby, het die radiostasie Radio 702 Donderdag op Twitter bekendgemaak.
Volgens Eyewitness News het werkgewers en vakbonde uiteindelik 'n ooreenkoms bereik.
Die ooreenkoms kom nadat talle vulstasies landswyd leeggeloop het.
“Ja, die ooreenkoms is vandag (Donderdag) geteken,” het Dirk Hermann, adjunk-sekretaris-generaal van Solidariteit, luidens Sapa gesê.
Volgens Hermann het die werkgewers ‘n verhoging van 8.5% aangebied. ‘n Loonverhoging van 10% is aan diegene wat die minste betaal word, aangebied.
Die staking het twee weke geduur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24