Persklub onder skoot oor renoster-nuusmaker
2013-01-20 11:20
Johannesburg – Die Nasionale Persklub moet meer met Suid-Afrikaners kommunikeer en hul stories ontgin, het die ANC-jeugliga Sondag gesê.
Die organisasie het gesê hy is bekommerd dat die persklub besluit het renosters is meer "waardevol as menselewens" toe hy renosters as 2012 nuusmaker van jaar aangewys het.
"Hoewel die ANCYL glo die omgewing en diere moet beskerm word, beteken dit miljoene mense in Suid-Afrika se stories is nie in 2012 vertel nie," het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê.
Die persklub het Saterdag onder skoot gekom nadat hy renosters in Suid-Afrika as die 2012 nuusmaker van die jaar aangewys het.
In 'n jaar waarin 34 mynwerkers in Marikana doodgeskiet is, die handboek-sage in Limpopo, die skorsing van die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en die omstredenheid oor pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, het Suid-Afrikaners hul skok uitgespreek oor die persklub se aankondiging.
Suid-Afrikaners het hul ontevredenheid oor die besluit op die sosiale netwerk Twitter te kenne gegee.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA