Perd skop tiener in gesig
2012-01-22 13:09
Johannesburg – ‘n Tienermeisie het beserings opgedoen toe ‘n perd in ‘n sloot beland en haar in die gesig geskop het, het paramedici gesê.
Die 18-jarige meisie was Sondagoggend besig om die perd by die Wylebach-suiwelplaas buite Walkerville te ry toe die voorval gebeur het.
Daar word berig dat die perd in ‘n sloot beland en omgerol het voordat die dier haar geskop het.
Derrick Banks, ‘n woordvoerder vir ER24, sê die meisie is op die toneel gestabiliseer voordat sy per helikopter na die Union-hospitaal in Alberton geneem is.
Die meisie het haar pelvis gebreek en ook haar nek, rug en gesig beseer.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA