Perd skop man in gesig
2011-02-15 10:12
Johannesburg – 'n Man is in 'n kritieke toestand in die hospitaal nadat 'n perd hom Dinsdag in sy gesig geskop het by perdestalle in Blue Hills in Midrand, het paramedici in Gauteng gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê die stalwerker in sy 20's is omstreeks 07:30 geskop.
"Paramedici op die toneel het gesê die man het probeer om die perd in die perdeboks te kry toe dit skielik baie ergerlik geraak en die man amper vol in sy gesig geskop."
Die man het verskeie beenbreuke in sy gesig opgedoen en per helikopter hospitaal toe geneem vir verdere mediese aandag.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA