Pedofiel uit op borgtog

2011-05-17 22:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die veroordeelde pedofiel Ian Appleton is Dinsdag op R20 000 borgtog vrygelaat, hangende die uitslag van sy appèl aan die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen sy gevangenisstraf van vyf jaar.

Hy is dié straf opgelê nadat hy daarvan skuldig bevind is dat hy ‘n sewejarige seun verkrag het.

Die 72-jarige rekenmeester en afgetrede skoolhoof het in die Paarlse Distrikshof verskyn.

Die hofsaal was volgepak, met lede van anti-kindermishandeling-organisasies en die ouers van die slagoffer wat teenwoordig was.

Landdros Norma Smile het verlede maand, toe Appleton skuldig bevind is, sy borgtog van R1 000 na R10 000 verhoog, maar dié bedrag Dinsdag tot R20 000 verdubbel.

Sy het die R1 000-borgtog wat deur die landdroshof toegestaan is, as “pateties” beskryf.

Dié borgtog het verlede maand met Appleton se skuldigbevinding verstryk. Sy regsverteenwoordiger, John Riley, moes ‘n tweede aansoek, hangende die uitslag van Appleton se appèl, van stapel stuur.

Lede van die anti-kindermishandeling-groepe het geluister hoe Rialda Jacobs, aanklaer, die tweede aansoek teengestaan het.

Lede van die gehoor het na hul asem gesnak toe Smile beslis het daar is omstandighede wat Appleton se vrylating op borgtog regverdig.

Woedende mense het by die hofsaal uitgestorm. ‘n Polisiebeampte moes orde herstel.

Riley het in ‘n stadium gekla en die gedrag van die gehoor “aanstootlik” genoem.

Smile het gesê sy verstaan die gevoelens van die gemeenskap en die publiek in die hof, maar dat sy objektief in haar beslissing moet wees.

Toe die aanklaer gesê het Appleton kan veel meer as R10 000 bekostig, het die landdros gesê: “As R10 000 vir hom niks beteken nie, moet die bedrag verhoog word.”

Smile het gesê die bedrag moet verhoog word “om te verseker dat Appleton nie sal probeer vlug nie”.

Appleton sal, as borgtogvoorwaarde, onder streng huisarres wees. Hy sal slegs sy huis in Seepunt mag verlaat om kerk by te woon of mediese sorg te kry.

Hy mag nie eens inkopies gaan doen nie en sal iemand anders moet kry om dit vir hom te doen, het Smile gewaarsku.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: pedofiele

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Nie SARS of die ANC weet waar Malema sy geld vandaan kry nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.