Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Pedofiel-sakeman se vonnisoplegging hervat

2013-01-24 07:16
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Johannes Kleinhans, wat teregstaan op 'n rits seksmisdade, se vonnisoplegging sal na verwagting Donderdag in die Parow-streekhof voortduur.

Die 74-jarige direkteur van verskeie maatskappye is skuldig bevind op 95 aanklagte, insluitend aanranding en die besit van kinderpornografie.

Vonnisverrigtinge is verlede jaar uitgestel omdat Kleinhans se prokureur, Johannes Grobbelaar, die staatspsigiater se verslag wou bestudeer en dit met sy kliënt wou bespreek.

Die verdediging het ook 'n tweede opinie gesoek.

Dr. Marcel Londt, 'n maatskaplike werker wat betrokke is in die behandeling van seksoortreders, het Woensdag aan die hof gesê daar is nie 'n kitsbehandeling vir pedofilie nie.

Londt, wat vir die verdediging in die verhoor getuig het, het gesê Kleinhans se probleem is "nie iets wat oornag aangespreek kan word nie", en dat langtermyn-gevangenisstraf nie gunstig is vir doeltreffende behandeling nie.

Sy het aan die hof gesê Kleinhans se tydperk van aanhouding terwyl hy verhoorafwagtend was, het reeds die afskrikmiddel-aspek van die behandeling aangespreek.

Volgens haar is die tronk nie die beste omgewing om die ander aspekte te takel nie.
 
"Om dit baie moeilik vir hom te maak om weer 'n oortreding te begaan, moet ons sy behandeling streng beheer. Die effektiewe bestuur van sy behandeling sal ook sy familie insluit."

Londt is die hoof van die CATTS-rehabilitasieprogram.

Toe sy deur Herculine Swart, staatsaanklaer, ondervra is, het Londt gesê die CATTS-program duur 36 maande en verskaf nie 24-uur-toesig nie.

Londt het gesê die CATTS-program is nie "breë terapie" nie en benodig baie streng beheer, wat weens personeeltekorte onmoontlik is om in die tronk te bestuur.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Giel Man sê... Tale... Gee my eerder 'n vleklose twee karaat diamant - as twee, drie karaat diamante vol krakies en vlekke. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.