Pedofiel betas glo meisie in Woolworths
2011-11-23 13:02
Johannesburg – Die soektog na 'n man wat 'n negejarige meisie in 'n Woolworths-winkel in Randburg betas het, duur voort, het die polisie gesê.
Die meisie en haar ma het Saterdag inkopies gedoen by die winkel in Brightwater Commons, het konst. Ndivhuwo Mulamu gesê.
Die man het die kind agtervolg en sy privaatdele teen haar geskuur. Beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras wys hoe die man die kind agtervolg en aan haar boude vat, het Mulamu gesê.
Die meisie het haar ma vertel wat gebeur het, maar hulle het toe reeds die winkel verlaat. Hulle is terug na die winkel om na die man in sy laat 30's te gaan soek, maar hy was nêrens te vinde nie.
Die saak is by die bestuur van die winkel en dié van die winkelsentrum aangemeld.
'n Saak van seksuele teistering word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA