Pedofiel (74) kry vyf jaar tronkstraf
2011-11-11 19:17
Kaapstad – Die Kaapstadse Hooggeregshof het uitspraak
voorbehou in `n aansoek om
verlof tot appèl deur ‘n veroordeelde pedofiel.
Ian Appleton, ‘n afgetrede skoolhoof, is daarvan skuldig bevind dat hy in 2008 ‘n
agtjarige seuntjie verkrag het.
Appleton het nie self in die hof verskyn nie, maar hy
is wel deur senior advokaat Francois van Zyl en prokureur John Riley
verteenwoordig.
Van Zyl het die omstandighede rondom die saak
as “vreemd” beskryf en gesê dat Appleton “meer versteurd is as enigiets anders”
.
Volgens Van Zyl het Appleton orale seks op die
seuntjie uitgeoefen terwyl hulle ‘n “vliegtuig
speletjie” gespeel het.
Hy voer aan dat die klag teen Appleton seksuele
aanranding behoort te wees.
Ingevolge die Child Justice Act is Appleton
skuldig bevind aan verkragting.
Appleton se regspan het ook voorgestel dat hy
onder huisarres geplaas word in plaas daarvan dat hy tronk toe gestuur word.
“Ons praat hier van ‘n 74-jarige man,” het Van
Zyl gesê.
Niemand kon aan regter Vincent Saldanha sê vir
hoe lank die voormalige skoolhoof die seuntjie seksueel mishandel het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA