Pastoor wat verkrag bang hy word aangerand
2012-01-13 23:08
Limpopo – ‘n Pastoor van Limpopo wat glo drie lede van sy kerk verkrag het, het Vrydag in die Polokwane-landdroshof beweer dat die polisie wil hê hy moet mishandel word deur ander gevangenes wat in voorarres is.
Hy het deur sy prokureur gevra om van die Mankweng-polisiestasie na die Polokwane-polisiestasie se aanhoudingselle oorgeplaas te word.
Hy het gesê hy voel onveilig in die Mankweng-selle.
Landdros Janine Ungerer het gesê dit is die polisie se besluit waar hulle hom wil aanhou.
Hy staar drie verskillende aanklagte van verkragting in die gesig.
Die aanklagtes is deur ‘n 14-jarige meisie, ‘n 18-jarige van Polokwane en deur ‘n 20-jarige van Seshego ingedien.
Die pastoor het sedertdien beweer dat die tiener ingestem het om seks met hom te hê en dat die ander twee gevalle opgemaak is deur kerklede wat hy verban het om sy kerk by te woon.
Die saak duur Maandag voort.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA