Pastoor vas oor nóg 'n verkragting
2012-01-05 20:17
Johannesburg – ‘n Limpopo-pastoor wat in aanhouding is ná hy na bewering twee tieners verkrag het, sal in ‘n hof verskyn in verband met ‘n derde aanklag van verkragting, het die polisie gesê.
Die man sal na verwagting Vrydag in ‘n hof in Seshego verskyn.
Volgens die polisie het ‘n 20-jarige vrou van Seshego Woensdag ‘n klag teen die man gelê.
Die 50-jarige pastoor is Dinsdag by sy huis in Seshego vasgetrek nadat hy glo ‘n jong vrou tussen 2009 en 2010 verkrag het.
Brig. Hangwani Mulaudzi sê die verdagte is op borgtog van R2 000 vrygelaat in verband met ‘n aanklag van verkragting wat ‘n 14-jarige meisie betrek.
Die man het Donderdag in die Polokwane-landdroshof vir die tweede verkragting verskyn. Hy word in die Polokwane-polisiestasie se selle aangehou.
Volgens Mulaudzi sal nog vroue na verwagting na vore kom oor die pastoor se vermeende misdade.
Hy sê die inwoners van Seshego is woedend.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA