Pastoor se 'visioen' ingespan in soektog na meisies

2011-08-03 09:22
Tweets Share Share line Print

Upington – Aanwysings van ’n pastoor wat sê sy het in ’n visioen gesien waar in die rivier die twee meisies is wat Maandagoggend van die voetgangerbrug oor die Oranjerivier gespring het, is gister deur die polisie gebruik in die onverpoosde soektog na die meisies.

Polisieduikers het teen gistermiddag laat, toe die son reeds lang silwer strepe oor die rivier gegooi het, nog na Ashley Andrews (15) en Lizette Dryer (16) gesoek. ’n Polisiehond is ook in die soektog ingespan.

Nadat daar die grootste gedeelte van die dag naby die oewer aan die dorp se kant van die rivier gesoek is – waar die rivier dieper is – is gistermiddag aan die anderkant volgens past. Sharon Saunderson van die Moria-bediening se aanwysings gesoek.

Ansie Andrews, Ashley se ma, het die hele middag langs die rivier die soektog dopgehou.

“Dis die hoekoms en die waaroms. Ek en Ashley was tjommies. Ons het altyd oor alles gepraat,” het sy aan Volksblad gesê.

Sy sê Ashley het Vrydagaand gebel om te sê sy gaan vir die naweek by die Dryers kuier. Sondag het sy ’n SMS gestuur om te sê sy sal omstreeks 15:00 by die huis wees.

“Sondagaand het ek haar gebel om te vra wanneer sy dan terugkom. Sy het gesê sy is te ver. Maandag het ek, voordat ek werk toe is, nog ’n briefie vir haar gelos om te vra sy moet deeg knie. Hulle het by die werk kom sê wat gebeur het.”

Saunderson het aan Volksblad gesê sy het Maandagaand tot die Here gebid om vir haar ’n visioen te stuur oor waar die meisies is.

Gisteroggend het sy ’n beeld gekry van waar die meisies ’n ent van mekaar op die bodem van die rivier lê. ’n Lid van die polisie wat sy ken, het haar gistermiddag na die toneel gebring nadat sy aanvanklik nie wou kom nie.

“Ek ly aan stres en was bang om te sien as hulle die kinders kry.”

Sy het aanwysings aan kapt. Gert Nel van die polisie op Upington se duikeenheid en kapt. Charles Hayes gegee.

Die duikers het daarna in die omgewing wat sy aangedui het, na die meisies gesoek.

’n Polisiehond is ook in dié deel van die soektog gebruik.

Saunderson sê sy het al by verskeie geleenthede mense ná visioene opgespoor. ’n Tyd gelede is kinders wat in die rivier verdrink het, ook opgespoor nadat haar aanwysings die polisie direk na hulle gelei het.

“Dit is ’n gawe wat ek het.”

Familielede en verskeie nuuskieriges het die soektog van die wal af dopgehou.

Teen druktyd kon geen beduidenis van die meisies nog gekry word nie. Die soektog word vandag voortgesit.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: sterftes  |  selfmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.