Pastoor se seun kry lewenslank

2010-12-09 09:15
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Welkom – Die seun van ’n pastoor is hier in die streekhof lewenslank tronk toe gestuur ná die wrede verkragting en moord op ’n skoolmeisie van Thabong.

Sello Morabe (21) is deur die polisie vasgetrek nadat woedende inwoners gedreig het om sy pa se huis aan die brand te steek terwyl hy in die hospitaal behandel is vir ’n wond aan sy penis waar die erg beseerde slagoffer hom oomblikke voor haar wurgdood gebyt het.

Morabe is met oorweldigende sterk forensiese getuienis met die verkragting en moord verbind en het voor landdros T. Ramdeyal skuld op albei aanklagte beken.

Die voorval was op 24 April toe hy saam met die 18-jarige skoolmeisie en haar vriendinne by ’n nagwaak was wat deur sy pa in die woonbuurt Thabong gehou is. Hulle is saam daar weg en toe hy later met die slagoffer alleen wou praat, is haar vriendinne daar weg omdat hulle hom goed geken het en nie getwyfel het dat sy veilig sou wees nie.

Hy het daarop aangedring dat die meisie met hom seks moet hê, maar sy het geweier. Hy het haar met ’n mes gesteek totdat die lem gebreek het, en haar toe verkrag. Hoewel sy erg beseer was, het hy daarna daarop aangedring dat sy orale seks met hom moet hê. Sy het hom gebyt, waarna hy haar verwurg het.

Hy het haar lyk aan die buitewyke van die woonbuurt in die veld gelos.

Toe haar verdwyning rugbaar word, het die gemeenskap ontdek dat sy laaste in Sello se geselskap was en het na die pastoor se huis opgeruk en gedreig om dit af te brand.

Sello, wat bang was dat die polisie hom by die hospitaal in Welkom sou soek, is vir behandeling na die hospitaal op Odendaalsrus.

Sy pa het intussen die woedende skare gekalmeer en onderneem om die polisie te bel sodra sy seun tuiskom, wat hy toe gedoen het.

Die openbare galery van die hofsaal van die hof vir seksuele misdrywe was vir die twee dae van die verhoor stampvol.

Ramdeyal het die twee aanklagte vir vonnisdoeleindes saamgevoeg en Sello lewenslank tronk toe gestuur.

Abraham Xaba het aangekla.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: verkragtings  |  moord  |  tronkstraf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.