Pastoor in sop oor verhoudings met vroue

2011-07-24 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Gewilde Stellenbosse prediker is sy posisie in sy kerk kwyt omdat hy met meer as een vrou in sy gemeente onbehoorlike verhoudings gehad het.

Past. Jean-Claude Banza was tot verlede week nog pastoor van die gemeente Jean-Claude and Friends, wat Sondae op die spogwynlandgoed Clouds op die Helshoogtepas byeengekom het. Die gemeente het sowel professionele mense as Matie-studente onder sy lede.

Banza is ook ’n gewilde prediker wat al as gasprediker in die NG gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp opgetree het en vooraanstaande predikantvriende het.

Nou is bande met sy eie gemeente egter verbreek nadat dit aan die lig gekom het dat hy met van sy vroulike lidmate oor die tou getrap het.

Verlede maand het ’n 20-jarige lidmaat glo onthul dat hulle ’n seksuele verhouding gehad het. Banza het erken dit is waar.

Banza word ook daarvan beskuldig dat hy met ’n getroude vrou in die gemeente ’n onbehoorlike verhouding gehad het (hoewel hy in laasgenoemde geval beweer dat hulle net gesoen het, maar hy gee toe dit was sonde en is innig spyt).

Hy het ook vier jaar gelede ’n verhouding met ’n vrou in die gemeente gehad wat volgens hom te ver gegaan en “onrein” geword het.

Banza, wat van Kongolese oorsprong is maar nou in Tulbagh woon, was verlede maand in die buiteland toe die gerugte oor sy nuutste verhouding bekend geraak het. Die 20-jarige vrou het glo by haar ma daaroor gebieg en die gemeente is sedertdien in rep en roer.

Een voormalige lidmaat het selfs ’n webwerf begin waarop allerlei bewerings oor Banza se sekslewe gemaak word en mense aangemoedig word om hul dogters teen hom te beskerm.

Nadat Banza uit die buiteland teruggekeer het, het hy sy sonde aan die gemeenteleiers bely en gesê hy sal hom aan die gemeente onttrek.

Banza het aan Rapport gesê daar is geen ander woord as “sonde” vir sy oortredings nie. Hy sê die feit dat hy ’n ongetroude jong man is, het daartoe bygedra dat hy gestruikel het en hy het besluit om uit die gemeente te tree totdat God aan hom ’n vrou en stabiliteit kan voorsien.

Hy het sy sonde reeds wyd bely, maar hy sou nog graag die man om verskoning wou vra met wie se vrou hy ’n soenverhouding gehad het.

“Ek is deur genade gered en het nooit beweer dat ek volmaak is nie.”

Hy gaan nou ’n DVD vervaardig om jong mense te waarsku sodat hulle nie dieselfde foute maak nie.

Die wynlandgoed Clouds, waar Banza se kerk in ’n kapel vergader het, het gesê hulle het geen amptelike bande met hom nie en het bloot die lokaal aan hom beskikbaar gestel.

Ds. Pieter Fourie, voorheen van die NG gemeente Rant-en-Dal en self onlangs in die nuus oor sy omstrede duiweluitdrywing, het by navraag gesê Banza is ’n wonder­like prediker en iemand wat “naby aan die Here leef. Mens sukkel amper om dié bewerings oor hom te glo”.

Fourie se oudkollega, die predikant en joernalis ds. Jannie Pelser, sê hulle het Banza soms genooi om in hul kerk op te tree omdat hy ’n begaafde prediker is. “Ek is jammer as hy nou in ’n krisis is en ek hoop dat hy sy dinge gou weer agtermekaar kan kry.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: kerk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.