Pastoor erken hy het met seuns gelol

2010-06-24 07:38
Tweets Share Share line Print

Vicüs Bürger, Volksblad

Vrystaat - ’n Pastoor op Wepener in die suidoos-Vrystaat het Woensdag in die streekho skuld beken op twee aanklagte van seksuele aanranding waarby tienerseuns betrokke was.

Pastoor Johan Meiring (32) van die Touch Me Lord-bediening op dié dorp het Woensdag voor streeklanddros R. Matthews verskyn. Die pastoor wat oënskynlik gespanne was in die beskuldigdebank, is tot altesaam 60 maande tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.

Meiring het aan die geslagsdele van seuns van 18 en 16 jaar in onderskeidelik September verlede jaar en November 2008 gevat terwyl hulle geslaap het.

Hy sê in sy pleitverduideliking wat deur sy regsverteenwoordiger, Martin Scheepers van Honey-prokureurs in Bloemfontein, voorgelees is, dat die voorvalle by sy blyplek op Wepener in die aand ná ’n kuiery plaasgevind het.

Drank was by die voorvalle betrokke.

Volgens die aanklaer, Johann Loubser, was die pastoor in ’n vertrouensverhouding met die seuns wat hy misbruik het.

Meiring het getuig dat hy in sy kinderjare die slagoffer van gesinsgeweld was wat gelei het tot die dade wat hy met die seuns gepleeg het.

Hy ondergaan reeds meer as twee maande lank berading.

Volgens Meiring is hy baie jammer oor wat gebeur het en dat hy dit nie weer sal doen nie.

Matthews het in ag geneem dat Meiring ’n eerste oortreder is en reeds berading ondergaan het.

“Myns insiens toon jy opregte berou.”

Die streeklanddros het gesê die pastoor se kans om te rehabiliteer is goed.

Hy het egter gesê dat die howe misdade teen kinders as baie ernstig beskou en Meiring gewaarsku dat hy beslis tronk toe sal gaan as hy homself weer aan seksuele aanranding skuldig maak.

Ao. Richard Botha van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe was die ondersoekbeampte.

- SAPA

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.