'Pasop vir voortvlugtige Johan Kotzé'

2012-01-07 08:28
Tweets Share Share line Print

Sarita Venter van Bloemfontein en Johan Kotzé. Sy het noukeurig dagboek gehou van 2010, die jaar waarin sy selfmoord gepleeg het. Die foto is waarskynlik in 2008 geneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Die vrou wat na bewering deur die voortvlugtige Johan Kotzé aangerand is, is herhaaldelik teen hom gewaarsku deur ’n Vrystaatse vrou met wie hy ’n verhouding gehad het.

Hy het Dinsdag ook glo sy stiefseun, Conrad Bonnette (19), in Modimolle (Nylstroom) doodgeskiet. Die vrou is glo in opdrag van Kotzé verkrag. Haar borste is ook gesny en sy het inwendige beserings opgedoen.

Sarita Venter van Bloemfontein, wat op 23 November 2010 selfmoord gepleeg het, het twee siviele eise teen Kotzé gewen nadat hy sowat ’n halfmiljoen rand by haar “geleen” het.

Twee van haar seuns, Hentie en Hennie de Vos, het Vrydag hul ma se 2010-dagboek waarin sy daagliks noukeurige aantekeninge gemaak het aan Beeld gewys.

Die pleknaam Nylstroom, asook die verkragte vrou se naam en selfoonnommer, is onderskeidelik op 10 Mei, 11 Junie en 19 Julie in dié dagboek aangeteken.

Een van die broers vertel hy het by een van dié geleenthede langs sy ma gesit toe sy die vrou in Modimolle gebel en teen Kotzé gewaarsku het.

“Sy wou haar help en het haar gewaarsku: ‘Pasop vir Johan Kotzé.’

“Sy het vir haar gesê hy is die grootste vark op aarde.”

Hul ma was vroeër ’n dinamiese arbeidskonsultant en bekroonde bemarker, sê hulle.

“Ná Johan Kotzé was sy op geen denkbare manier meer ’n mens nie. Hy het haar geldelik en emosioneel vernietig.”

Venter het aan ’n genetiese longsiekte gely.

Kotzé het volgens die broers vir haar ’n lokval gestel en haar gevra om ’n draai op ’n kwadfiets te ry wat sy vir hom gekoop het.

Hy het haar daarna met beeldmateriaal afgepers wat hy aan haar versekeringsmaatskappy sou stuur om te wys dat sy eintlik “blakend gesond is”.

Hy het dit volgens hulle inderdaad gedoen toe sy nie meer geld aan hom wou gee nie. Haar maandelikse mediese polisuitbetalings is glo daarna gestaak.

Dit het Vrydag ook aan die lig gekom dat Kotzé na bewering talle Vrystaatse vroue met miljoene rande ingeloop het.

Jan Maree van die prokureursfirma Schoeman Maree Ingelyf in Bloemfontein sê hy verteenwoordig vier vroue wat siviele eise teen Kotzé ingestel het nadat hy hulle na bewering gesamentlik uit sowat R1,5 miljoen bedrieg het.

Maree sê dié vroue is almal geskei of weduwees.

Kotzé was blykbaar al vier keer getroud en is besig om van sy vyfde vrou te skei. Hy is op 23 Oktober 2010 met haar getroud.

Dirk van der Merwe, aan wie die huis behoort waarin die grudade gepleeg is, het ná Kersfees saam met Kotzé in die Hazyview-omgewing gaan roei.

Kotzé het volgens Van der Merwe ’n vrou saamgeneem.

“Die vrou het volgens hom nie reg geroei nie. Hy het so kwaad geword en toe slaan hy haar met die roeispaan in die sy,” het Van der Merwe Vrydag gesê.

“My oë het toe oopgegaan oor watter soort mens hy is.”

Volgens hom het Kotzé meer as een keer vir hulle gesê hy het “al ’n swarte doodgeskiet”.

Kotzé is in 1993 van moord aangekla ná die skietdood van Bet Botha (64) in Prieska in die Noord-Kaap. Hy is vrygespreek.

“Ons is bekommerd, want ons weet nie wat in sy kop aangaan nie. Ons is bang dat hy hier aankom,” het Van der Merwe gesê.

Hy probeer glo selfmoord pleeg

Kotzé (50) het glo ná die grudade probeer selfmoord pleeg.

Hy het Dirk van der Merwe Woensdagaand gebel.

Kotzé het die huis in Kerkstraat waarin die treurspel afgespeel het by Van der Merwe gehuur.

“Ek het vir hom gevra: ‘Waar is jy? Waar is jy?” het Van der Merwe gister gesê.

Kotzé het gesê hy is in Pretoria.

“Ek het hom nie geglo nie en hom uitgetrap oor wat hy gedoen het. Hy het gesê hy het al probeer selfmoord pleeg, maar het dit nie reggekry nie.”

Kotzé het toe die oproep beëindig.

Beeld verneem ’n sein van Kotzé se selfoon is Woensdag in die Vryburg-omgewing in die Noord-Kaap deur die polisie opgespoor.

Kotzé is ’n gebore Namibiër wat nog familie daar het.

Grensposte landwyd is aangesê om op die uitkyk te wees vir hom en sy wit Toyota Fortuner met die registrasienommer DCS 392 FS.

Enigiemand met inligting kan kol. Mabisela Mohale by 082 565 8606 bel.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: johan kotzé

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.