'Pasop vir die haaie!'
2010-01-12 15:23
Kaapstad – Swemmers is deur die stad Kaapstad se rampbestuur gewaarsku om op die uitkyk te wees vir witdoodhaaie wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar al langs die kus opgemerk word.
“Die haaie kom veral hierdie tyd van die jaar langs die Kaapse kus voor,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder, gesê.
Die haaie is egter nog nie naby strande of swemmers opgemerk nie. Verskeie haaie is egter reeds langs die kus by Valsbaai, Sunrise-strand en Vishoek gesien.
Swemmers word gemaan om versigtig te wees en om veiligheidsmaatreëls te volg.
Meer inligting is beskikbaar op www.sharkspotters.org.za.
- Sapa