Pasiënte verras toe Zuma hospitaal besoek
2010-03-16 14:29
Johannesburg – Pasiënte en personeel by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het Dinsdag ’n groot lawaai opgeskop toe president Jacob Zuma ’n verrassingsbesoek aan die hospitaal gemaak het.
Zuma, omring deur lyfwagte, is begroet met juigende mense wat omtrent bond gestaan het om hom te sien soos hy deur die gange van die hospitaal geloop het.
Nomvula Mokonyane, die premier van Gauteng, asook die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi het die president op sy besoek vergesel.
Martha September, ’n pasiënt by die hospitaal, het Zuma en sy gevolg in haar slaapklere agtergevolg nadat sy die lawaai vanuit haar bed gehoor het.
Zuma het die hospitaal besoek om na verbeteringe en uitbreidingsmoontlikhede te kyk.
-Sapa