Pasiënte in hospitaal vermoor
2011-09-20 19:01
Johannesburg – ‘n Vroulike en ‘n manlike pasiënt is vermoor binne die King Edward VIII Hospitaal in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.
Die polisie is Sondag in kennis gestel van die moord op ‘n 49-jarige man, het lt. kol. Vincent Mdunge gesê.
Hulle het sy lyk in die hospitaal gekry met wurgmerke aan die nek en verskeie kneusmerke. ‘n Vrou, wie se ouderdom nie bekend gemaak is nie, is ‘n paar uur vroeër in dieselfde hospitaal vermoor.
“Die twee pasiënte is blykbaar vermoor, maar ek kan nie meer besonderhede verskaf nie.”
Die man het ‘n paar dae voor sy dood sy familie gekontak om oor slegte behandeling in die hospitaal te kla, het Mdunge gesê.
Twee moordsake word ondersoek. Hospitaalbestuur kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA