Pasiënte geskuif toe hospitaal oorstroom
2011-01-02 22:43
Johannesburg – Pasiënte by die Dr Malizo Mpehle-hospitaal in Tsolo moes almal geskuif word nadat die gebou Sondag oorstroom het, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
“Die water het die kraamsaal, pediatriese saal, ongevalle-eenheid en die teaters binnegestroom,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê.
Die LUR van gesondheid, Sicelo Gqobana, het glo daarop aangedring dat die pasiënte geskuif word.
Niemand is in die voorval beseer nie.
“Vier swanger pasiënte is na die Nelson Mandela-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling. Sewe ander pasiënte, insluitende twee kinders, is na naby geleë gesondheidsfasiliteite verskuif.”
Volgens Kupelo is daar reeds werkers aangestel om die water uit die hospitaal te verwyder. Die oorsaak van die oorstroming sal ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA