Pasiënt wag ure op vloer vir hulp

2012-01-12 08:30
Tweets Share Share line Print

Kimberley – ’n Tuberkulose-pasiënt wie se lêer na bewering drie keer verlore geraak het, het glo Dinsdag 17 uur op die vloer van die Kimberley-hospitaal gelê sonder om gehelp te word.

Trooi Mcinjane sê hulle het toe maar haar siek man, Ephraim (54), huis toe gevat.

“Hoe kan die hospitaalpersoneel sy lêer drie keer verloor? Hy was op 3 Januarie by die buitepasiënte-afdeling. Toe is hy aangesê om weer op 10 Januarie te kom.

“Ons was stiptelik om 07:00 daar. Hy het ál swakker geword en hulle het hom op die vloer laat lê. Intussen is die lyk van ’n vrou ook daar gelaat. Dit het ure daar gelê voordat dit weggeneem is.

“Wanneer hy so swak is, moet hy ’n drup kry. Die personeel het hom geïgnoreer.

“Hy is later die aand op ’n bed gesit. Dit het later onuithoudbaar geword. Ons het hom teen middernag huis toe geneem. Daar kon ons hom immers kos en water en beter versorging gee.”

’n Ander familielid sê dié hospitaal “is papvrot en vieslik vuil”.

“Die stank is aardig. Ek moes die badkamer gebruik. Daar was bloed op die mure en krane. Houers met uriene het oral gestaan.”

Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê die hospitaalbestuur is nie bewus van Mcinjane se probleme nie.

“Ons het geen rekord van hom nie. Hy is voorheen deur die hospitaal behandel en na ’n kliniek verwys. Daar is baie mense wat hulself ongevraag hierheen verwys. Dit vererger die werkslading en wagtye.

“Die hospitaal word gereeld skoongemaak. Personeel doen gereelde inspeksies. Pasiënte en besoekers wat toiletsitplekke, krane en pype steel, maak dit moeilik om die geriewe netjies te hou.

“Ons vra dat die publiek ons geriewe respekteer en ander pasiënte, besoekers en kliënte in ag neem. Ons doen ’n beroep op die publiek om nie die noodgevalle-afdeling as ’n buitepasiënte-eenheid te gebruik nie.”

In Desember het die noodgevalle-afdeling sowat 3 720 nie-ernstige gevalle hanteer. Daar was 915 werklike noodgevalle. Sowat 2 334 pasiënte is sonder verwysing en 2 301 met verwysings behandel.

“Noodgevalle kry voorkeur en word onmiddellik behandel. As enigiemand kwessies met die hospitaal wil bespreek, moet hulle ons by 0800-009-12/3 bel,” sê Mxekezo.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.