Pasiënt spring na sy dood
2010-02-02 19:15
Johannesburg – ‘n Hospitaal-pasiënt wat moeg was om bloedtoetse te laat doen, het van die derde vloer van die hospitaal na sy dood gespring, het die Vereeniging polisie Dinsdag gesê.
“Die man het glo sy vrou en suster na die provinsiale hospitaal in Kopanong geroep, en gevra om na Sasolburg-hospitaal oorgeplaas te word, omdat verpleegsters glo baie bloed vir toetsdoeleindes van hom getrek het," het kapt. Shado Mashobane gesê.
Toe die man se suster en vrou omstreeks 08:00 by die hospitaal aankom, het hy uit sy bed gespring en weggehardloop.
“Sy suster en twee mans het hom agterna gesit, en ‘n harde slag gehoor. Hulle het ‘n stukkende venster gevind, en gesien dat die man na sy dood gespring het,” het Mashobane gesê.
Die 47-jarige pasiënt is dood op die toneel verklaar.
- Sapa