Pasgetroude polisieman skiet vrou, self
2011-12-22 14:45
Durban – 'n Polisieman het sy vrou buite 'n winkelsentrum in Port Shepstone, KwaZulu-Natal doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het.
'n Woordvoerder vir die polisie, lt-kol. Zandra Wiid, het aan die Citizen-koerant gesê die polisieman het sy vrou Woensdag geskiet terwyl hy in 'n motor gesit het buite die Oribi Plaza-winkelsentrum.
Hy het twee skote deur die motorvenster gevuur wat die vrou in haar kop getref het. Daarna het hy die vuurwapen onder sy ken gedruk en homself geskiet.
Wiid het gesê die polisie ondersoek die beampte se motiewe. Die egpaar was skaars 'n maand getroud toe die skietery plaasgevind het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA