Pasgebore babadogter uit donker put gered
2010-05-07 02:00
Durban - ’n Pasgebore baba is Donderdag uit ’n klam en donker put-toilet in KwaDukuza in die noorde van Durban gered, het paramedici gesê.
“Die pasgebore babadogtertjie is deur verbygangers gehoor huil en is in die put gevind waar haar lewe aan ‘n draadjie gehang het,” het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Hy het gesê paramedici en lede van die brandweerdepartement het die boonste struktuur van die toilet heeltemal afgebreek voordat ‘n brandbestryder, geklee in ‘n beskermende uitrusting, die put ingegaan het en die baba gered het.
“Shaun Paul, ‘n gevorderde paramedikus van Netcare911 het gesê die baba was toe onder fekalieë en is tans in ‘n kritieke toestand.
“Die baba is op die toneel behandel en na die Stranger-hospitaal gehaas om die nodige behandeling te ontvang.
-Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.