Partye win nog advies in oor plaza

2012-02-02 08:55
Tweets Share Share line Print

Kaapstad –  Die Wes-Kaapse regering win ’n regsmening in oor of ’n parlementêre besluit nodig is om ’n gedeelte van ’n nasionale park te deproklameer ná protes oor die omstrede Chapmanspiek-tolplaza.

En diegene gekant teen die tolplaza win steeds hul regsadvies met omsigtigheid in.

Die Wes-Kaapse regering en die tolpad se konsessiehouer, Entilini, word sedert vroeg vandeesmaand skerp gekritiseer oor hul planne om die tolplaza aan Houtbaai se kant van die pas te bou.

Len Swimmer, voorsitter van die Inwonersvereniging van Houtbaai, het gesê hulle het al met verskeie regslui gekonsulteer om ’n hofinterdik te bekom om die bouwerk, wat Maandag begin het, te stop.

“Ons wag nog op ’n antwoord van die regspan. Ons is baie versigtig. Ons wil nie die saak verloor nie.”

Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het gereageer op ’n memorandum van die Civil Rights Action Group, een van die Houtbaaise organisasies wat die projek teenstaan.

Van hul vernaamste besware, met Zille se reaksie wat daarop volg, is:)Chapmanspiek is nie lewensvatbaar as ’n tolpad nie.

“Die finansiële ooreenkoms is op ’n kontrak van 30 jaar gegrond en terwyl hoë aanvanklike koste verwag is, sal die winsgewendheid op lang termyn duidelik wees,” het Zille gesê en bygevoeg die administratiewe koste van die besware en gevolglike vertragings verhoog die geldelike las van die provinsie.

Volgens Wes-Kaapse wetgewing kan die pad se status as tolpad verwyder word.

“Eenvoudig gestel, as die pas van 9 km nie getol word nie, kan dit nie oop bly nie. Alternatiewe roetes is beskikbaar, soos geblyk het uit die vier jaar wat die pad gesluit was,” het Zille gesê.

Die tolplaza is binne die Tafelberg Nasionale Park geleë, wat die hoogste vlak van natuurbewaring geniet.

Zille het gesê die pad is nie deel van die landskap nie en moet deur die regering bestuur word. Sy glo ook nie dit sal ’n presedent vir die gebruik van nasionale parke se grond skep nie.

’n Resolusie van die parlement word benodig om ’n gedeelte van die Tafelberg Nasionale Park te deproklameer.

“Die Wes-Kaapse regering is besig om ’n regsmening hieroor in te win,” het Zille gesê. Sy het bygevoeg die korrekte prosedures is gevolg.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  tolplaza

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Niemand het n probleem met dink nie. Moet dit net nie hardop doen soos Malema nie. Dit is die vinnigste manier om jouself as idioot te laat klassifiseer, veral as jy nie weet waarvan jy praat nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.